Hier aan die voet van Tafelberg,
waar elke sonsopkoms nuwe kleure bring,
leer ons kinders om met helder oë na die wêreld te kyk,
nuuskierig te bly, met selfvertroue te groei,
en om met durf hulle eie pad te loop.
By Huppelland leer ons speel.
By die Laerskool leer ons dink.
By die Hoërskool leer ons wees.
Drie skole. Een rigting.
’n Reis van groei, ontdekking en identiteit.
Want die wêreld het sterk individue nodig.
Dit het jongmense nodig wat glo:
Ek is genoeg. Nes ek is.
